Verschillende berichten over (land)kraken in Zuid Afrika van vandaag

  Verschillende berichten over (land)kraken in Zuid Afrika van vandaag


bron: http://news24.co.za/Beeld/Randse_Beeld/0,1776,3-68_885783,00.html

20/07/2000 00:30 – (SA)

Polisie vat besetters se hutte, meubels Patrick Thambisa

Veiligheidsmagte het die naweek beslag gelê op die plakkershutte en meubels van hawelose inwoners van Ivory Park in Tembisa wat besluit het om erwe in Kaalfontein te beset.

Die inwoners, onder leierskap van die Vulindlela- verenigde gemeenskap van Suid-Afrika (Vucosa), het die erwe beset omdat die regering nie aan hulle alternatiewe woonplek kon verskaf nadat hulle bewys het korrupsie en bedrog is betrokke in die toekenning van woonhuise in die gebied nie.

Sommige inwoners sê hulle is al sedert 1995 op ‘n waglys, maar mense wat van Pretoria kom, het huise gekry.

Dié inwoners het gesê hulle het bewyse van mense wat tot R6 000 moes betaal voordat hulle huise kon kry.

Me. Pam Mavuso, provinsiale sekretaresse van Vucosa in Gauteng, het gesê drie polisiemanne en lede van die weermag het hulle beveel om plakkershuise te ontruim.

Inwoners het in die Lindokuhle- speelterrein vergader waar die polisie hulle weggejaag het. Mavuso beweer ‘n gestremde vrou en kind is aangerand.

Sewe leiers van die organisasie is gearresteer. Hulle het gister in die streekhof in Kempton Park verskyn.

*****************************************
Bron: http://news24.co.za/Beeld/Provinsiaal/0,1776,3-70_885664,00.html

19/07/2000 22:22 – (SA)

  Honderde dreig met besetting in KwaZulu-Natal

Dannhauser. – Sowat driehonderd plattelandse gesinne in KwaZulu- Natal dreig om ‘n plaas – waar van hul familielede se grafte geleë is – te beset.

Hulle is in 1972 van dié plaas afgesit.

Die gesinne, van die Waag Alles- gemeenskap naby Dannhauser, het opgeruk na die landdroshof in die dorpie en gedreig om die plaas te beset as daar nie dringend aandag gegee word aan hul ses jaar oue grondeis nie.

Met plakate in die lug het hulle ‘n memorandum aan amptenare by die hof oorhandig waarin hulle hul frustrasies lug oor die “slakkegang” van die herverdeling van grond.

Hulle eis dat die plaas onmiddellik aan hulle teruggegee word en het gedreig dat “enigeen wat hulle probeer keer met vuur speel”.

Eerw. Godwin Radebe, gemeenskapsleier, het gesê tydens die ontsetting het mense beeste, huise en plaasgereedskap verloor en dat hulle moeg is om te wag op hulle grond.

Die ondervoorsitter van die gemeenskap, me. Sibongile Mbatha het aangevoer dat die eienaar van die plaas, mnr. Henk Zaal, verskeie mense aangerand het toe hulle van die grafte probeer besoek het in 1998. Hy het glo ook twee families verbied om grafstene op te rig.

Zaal is verlede jaar aangekla weens aanranding met die doel om ernstig te beseer, die rig van ‘n vuurwapen en kwaadwillige saakbeskadiging, maar die saak is in die Dannhauser landdroshof voorwaardelik teruggetrek.

Zaal het ontken dat hy lede van die gemeenskap toegang tot die grafte geweier het. Hy het gesê hy is die plaas se derde eienaar sedert 1972 en was onbewus van die grandeis .

Hy het gesê die motief van die gemeenskap se oproerigheid was polities en dat die Waag Alles-gemeenskap dieselfde metodes gebruik as dié in Zimbabwe. – (African Eye News Service).

[squat!net]