Landkrakers in Zimbabwe

  Landkrakers in Zimbabwe


Die Volksblad 2000/6/28

Britte stel verskeie voorwaardes vir miljoene vir grondhervorming

DEUR Sapa-AP

LONDEN. – Brittanje sal sowat R360 miljoen vir grondhervorming in Zimbabwe terughou tensy pres. Robert Mugabe aandag aan nasionale versoening gee, het dié land gister gesê in reaksie op Zanu-PF se naelskraapse oorwinning in die verkiesing. Die Britse minister van buitelandse sake, mnr. Robin Cook, het aan verslaggewers gesê wanneer werklike hervorming in die land plaasvind wat die wil van die mense weerspieël, sal Brittanje gereed wees met hulp. Cook het nie Mugabe se Zanu-PF-party geluk gewens met sy oorwinning nie, maar wel die Zimbabwiese nasie geprys vir hul moed om vir opposisiekandidate te stem ondanks twee maande se intimidasie. Hy het ook gesê Brittanje sal nie geld vir grondhervorming beskikbaar stel nie tensy Mugabe die besetting van blanke plase deur swart “plakkers” beëindig, saamwerk met die MDC en ekonomiese hervorming toepas.

bron: http://news.24.com/Die_Volksblad/Home/0,1742,,00.html

.